Theo hou al van jongs af daarvan om mense te vermaak en het reeds in die laerskool begin koorsing. Hy is al vir tien jaar in die musiekbedryf doenig, maar beskou 2020 as die hoogtepunt van sy loopbaan sover. Die sanger put inspirasie uit sy eie ervaringe wanneer hy musiek skryf en glo dat hy ’n boodskap moet oordra in elke liedjie wat hy sing.